Gister, toe, in die verlede
In 2009 het ’n groep Fisiese Wetenskappe-onderwysers en entrepreneurs kragte saamgespan. Ons het ’n gaping in die mark van wetenskaplike onderrig gesien.
Daar was nie toeganklike, relevante, verbruikersvriendelike materiaal beskikbaar nie. Dit was gedurig ’n gesukkel om waardevolle onderrigmateriaal in die hande te kry.
As gevolg van die gaping het ons begin droom en ’n algemene doel gevorm. Dit was om inspirerende wetenskapmateriaal te skep. Ons wou alle leerders help om hulle punte te verbeter. Ons doel was om die hulpmiddel te wees waarmee onderwysers hulle laste verlig.
Ons het net 2 skootrekenaars en 6 personeellede gehad. Dit was egter al wat nodig wees om die bal aan die rol te kry. Een jaar later is ons eerste uitgawe van ons Graad 10–12 Hand- en Werkboeke gepubliseer.
Al was die begin maar rof, het ons momentum opgetel en selfvertroue gebou. Kliënte het waardevolle terugvoer gegee wat gehelp het dat elke uitgawe verbeter het. Ons het ook mislukkings beleef. Ons sien dit eerder as lesse. Dit het gehelp dat ons met elke tree sterker word. Stadig maar seker het ons deel gevorm van meer en meer klaskamers.
Soos ons lys van kliënte gegroei het, het ons span ook groter geword. Dit was nie lank voordat ons grafiese, administratiewe en finansiële afdelings bygevoeg het nie. Dit het Doc Scientia opgehef tot die volgende vlak. Dit het ons toegelaat om ons produkreeks te vergroot. Ons het ook die geleentheid gehad om na baie provinsies te reis en werkswinkels vir onderwysers aan te bied.
Vandag, nou, op hierdie oomblik
Blaai ’n paar jaar vorentoe en ver oor ’n miljoen kopieë van ons produkte is al verkoop. Ons is nou al bekend in elke provinsie van Suid-Afrika, asook in die sektor van die privaatskole in Namibië.
Ons produkte sluit nou materiaal vir hoërskole en laerskole in. Dit word meer en meer populêr. Groot en klein boekwinkels hou nou Doc Scientia voorraad aan.
Ons is teenwoordig in ’n verskeidenheid klaskamers, wetenskapsentrums en huise.
In die toekoms
Ons sal nie ophou groei en leer nie. So lank as wat daar kinders is om te onderrig, sal ons aanhou om goeie inhoud te skryf en te produseer. Ons doel is om mense te help: onderwysers, ouers, skoliere en privaat onderwysers. Ons is aanhoudend op soek na maniere om jou ervaring met wetenskap-onderrig te verbeter.
Hoe meer mense ons kan bystaan, hoe gelukkiger word ons.