Algemene navrae Vind hieronder ‘n lys van algemene vrae en antwoorde. Alternatiewelik, kan jy ons gerus kontak.
Vrae oor produkte
-
Al ons produkte word saamgestel volgens die KABV-dokument. Aangesien daar gereeld veranderings aan die KABV-dokument gemaak word, hersien ons jaarliks ons produkte om seker te maak dit stem ooreen met die huidige KABV-dokument.
Ons Senior IEB produkte word saamgestel volgens die KABV- en SAGS-dokumente en word ook jaarliks hersien.
Vrae oor eksamenvraestelle
-
Doc Scientia spesialiseer in wetenskap.
Die Graad 4–6 vraestelle is slegs vir Natuurwetenskappe en Tegnologie.
Die Graad 7–9 vraestelle is slegs vir Natuurwetenskappe.
Die Graad 10–11 vraestelle is slegs vir Fisiese Wetenskappe en Tegniese Wetenskappe.
Die Graad 11 IEB vraestelle is slegs vir Fisiese Wetenskappe.
Vrae oor aflewering
-
Aflewering hang af van die area waarheen dit gestuur word. Normaalweg neem dit tussen 2–7 werksdae na die pakkie aan The Courier Guy oorhandig is.
Vrae oor betaling
-
Ja, maar Payfast het verskeie opsies: EFT, kredietkaart of SnapScan.