KABV en IEB
Leermateriaal & Onderrigmateriaal
Onderwysers, leerders en ouers staan nader. Verlig al jou wetenskap hoofpyne met Doc Scientia se wye reeks produkte. Geskik vir die klaskamer, tuisonderrig en as addisionele hulpbron. Hetsy jy materiaal soek om jou te help skoolgee; of boeke wat jou klasgemiddeld gaan opstoot.
Hetsy jy iets ekstra soek waarmee jy kan voorberei vir eksamens; of ’n bron wat moeilike konsepte op ’n eenvoudiger manier verduidelik.
Met meer as 10 jaar se ervaring sal Doc Scientia verskaf wat jy nodig het.
Hand- en Werkboeke | Antwoordboeke | Voorbereidingslêers | PowerPoints | Eksperimentvideo’s | Vraestelle
Marlize Kruger
Laerskool Doringkloof
"Julle boeke staan uit bo AL die handboeke wat ek al gebruik het. Ek hou nou 21 jaar skool en julle inhoud is perfek reg en van uitstaande gehalte."
Helmine de Klerk
Laerskool Cradock Primary
"Dit is werklik DIE OULIKSTE en VOLLEDIGSTE boeke wat ek nog gesien het."
Juandrey Britz
Kleinbroek Laerskool
Ek het self uit jul boeke gewerk toe ek in matriek was, en die boeke is ongelooflik!
Ek is nou ’n onderwyser en stel in geen ander boek belang nie. Julle boeke is net een in sy soort! Baie volledig en so hulpvaardig!
25 Februarie 2021
Ina Bosman
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
"Baie dankie vir uitstekende werkboeke, oefenboeke hulp en raad."
Gerald Titus
Brandboom Intermediate School
Julle werk is puik. Doen julle nie vir ander vakke ook nie?
Maart 2021
Wetenskap is die sleutel tot baie deure.
Onderrig maak ons opgewonde. Wetenskap onderrig spesifiek.
Ons wil die sleutel wees waarmee jy deure oopsluit. Hetsy jy ’n onderwysers is wat jou beste probeer, of ’n leerder in hoërskool met ’n droom. Of jy die laerskoolkind is wat nou begin om te ontdek, of ’n ouer wat nie altyd die antwoord het nie.
Ons is hier om te help.
Kom ons kombineer ons passie en jou nuuskierigheid. Saam sal ons iets wonderbaarlik skep.
Fisiese Wetenskappe, Tegniese Wetenskappe en Natuurwetenskappe. Dis waar ons kennis lê. Daarom is dit vir ons moontlik om inhoud te skep wat jou as onderwyser, of jou as leerder ondersteun. Tog niks vervelig nie, want ons hou dit vars en eenvoudig.
Ons fokus daarop om jou tyd te spaar.
Ons vergemaklik dit om klas te gee of om te leer, maar ter selfde tyd verskerp ons jou vaardighede sodat jy enige hindernis kan oorkom.
Ons doel is om jou op te hef en vir almal die klaskamer ’n beter plek te maak.