Log In
Log In

Algemene Navrae

 VRAE OOR PRODUKTE 

Is julle produkte op die KABV (CAPS) gebaseer?

Al ons produkte word saamgestel volgens die KABV-dokument. Aangesien daar gereeld veranderings aan die KABV-dokument gemaak word, hersien ons jaarliks ons produkte om seker te maak dit stem ooreen met die huidige KABV-dokument.

Ons Senior IEB produkte word saamgestel volgens die KABV- en SAGS-dokumente en word ook jaarliks hersien.

Wat is in ’n pakket?

’n Pakket bevat al die Hand- en Werkboeke van daardie spesifieke graad teen ’n meer bekostigbare prys.

Graad 4–7: Hand- en Werkboek 1 en Hand- en Werkboek 2

Fisiese Wetenskappe Graad 10–11: Fisika Hand- en Werkboek en Chemie Hand- en Werkboek

Fisiese Wetenskappe Graad 12: Fisika Hand- en Werkboek en Chemie Hand- en Werkboek 1 en 2

Fisiese Wetenskappe IEB: Senior Fisika Hand- en Werkboek 1 en 2 en Chemie Hand- en Werkboek 1 en 2

Tegniese Wetenskappe Graad 12: Hand- en Werkboek 1 en 2

Is die pakket een boek met beide gedeeltes ingesluit?

Nee, jy sal nog steeds die aparte boeke ontvang.

Het die pakkette hul eie ISBN-nommers?

Nee, die pakkette het nie hul eie ISBN-nommers nie.

Sluit die pakkette die Antwoordboeke in?

Die pakkette sluit nie die Antwoordboeke in nie. Die Antwoordboeke word apart verkoop.

Wat is die verskil tussen die volkleur en die swart en wit boeke?

Die inhoud is of in kleur of in swart en wit gedruk. Die inhoud is egter presies dieselfde. Die buiteblaaie van beide weergawes word in kleur gedruk.

Wat is in die Voorbereidingslêer?

Voorbereidingslêers is saamgestel om onderwysers met hulle admin te help.

Gaan kyk asseblief na die beskrywing van die Voorbereidingslêer op ons produkbladsy om te sien wat dit alles bevat.

Kan ek voorbeelde van die PowerPoints sien?

Die PowerPoints is saamgestel om onderwysers met hulle aanbiedings in die klas te help.

Gaan versoek asseblief ’n voorbeeld op die produkbladsy om ’n gratis voorbeeld van die inhoud van die PowerPoints te ontvang.

Bevat die PowerPoints videomateriaal?

Die PowerPoints bevat slegs PowerPoint-aanbiedings wat op die Doc Scientia Hand- en Werkboeke geskoei is. Geen videomateriaal word ingesluit nie.

Wat is die verskil tussen Natuurwetenskappe en Natuurwetenskappe en Tegnologie?

Natuurwetenskappe en Tegnologie bevat ’n gedeelte van Tegnologie in elke kwartaal en is die meeste skole se voorgestelde keuse om te gebruik.

Natuurwetenskappe bevat nie enige teorie oor Tegnologie nie. Slegs sommige skole gebruik hierdie opsie.

Kyk gerus na die ISBN-nommer om te verseker jy koop die regte boek.

Waar kan ek julle e-boeke aankoop?

Al ons e-boeke word op Snapplify en ITSI verkoop.

Kan ek die e-boek uitdruk nadat ek dit gekoop het?

Al ons e-boeke is onderhewig aan kopiéreg. Daarom sal jy nie enige van die inhoud kan uitdruk nie.

Kan ek direk by julle bestel en hoe werk dit?

Ja, jy kan direk by ons bestel. Voltooi asseblief die bestelvorm en jy sal ’n kwotasie ontvang. Indien jy die kwotasie aanvaar, maak asseblief betaling en stuur die bewys na finance@docscientia.co.za. Nadat die bewys ontvang is, sal jou bestelling verwerk en met The Courier Guy gestuur word. Jy sal die sporingsnommer ontvang nadat jou pakkie opgelaai is.

Hou julle voorraad aan?

Ja, ons hou voorraad. 

 

Maar ons wil nie jou tyd mors nie. Ons wil voorbereid wees vir jou besoek. 

 

Daarom stel ons voor dat jy vooraf bel om seker te maak ons het die voorraad wat jy benodig.

 VRAE OOR EKSAMENVRAESTELLE 

Hoe weet ek watter vak deur die vraestelle gedek word?

Doc Scientia spesialiseer in wetenskap.

Die Graad 4–6 vraestelle is slegs vir Natuurwetenskappe en Tegnologie.

Die Graad 7–9 vraestelle is slegs vir Natuurwetenskappe.

Die Graad 10–11 vraestelle is slegs vir Fisiese Wetenskappe en Tegniese Wetenskappe.

Die Graad 11 IEB vraestelle is slegs vir Fisiese Wetenskappe.

Hoe weet ek watter werk word in die vraestelle gedek?

Vir Graad 4–9 is die onderwerpe soos volg:

Maart toets: Kwartaal 1 word gedek.

Junie vraestel: Kwartaal 1 en 2 word gedek.

September toets: Kwartaal 3 word gedek.

November vraestel: Kwartaal 3 en 4 word gedek.

Vir Graad 10–11 is die onderwerpe soos volg:

Maart toets: Kwartaal 1 word gedek.

Junie vraestel: Kwartaal 1 en 2 word gedek.

September toets: Kwartaal 3 word gedek.

November vraestel: Kwartaal 1–4 word gedek.

Waarom verskaf julle nie Graad 12 vraestelle nie?

Daar is gratis DoE vraestelle wat jy op ons webblad kan aflaai.

Hoe sal ek die vraestelle ontvang nadat ek dit op die webblad gekoop het?

Nadat jy betaal het sal jy ’n skakel via e-pos ontvang om die vraestelle af te laai.

Wie moet ek kontak as ek nie die vraestelle kan aflaai nie?

Stuur asseblief ’n e-pos na info@docscientia.co.za of bel ons by

010 443 7198 en ons sal jou help.

Verkoop julle slegs wetenskap vraestelle?

Ja, ons spesialiseer slegs in Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Tegniese Wetenskappe.

 VRAE OOR AFLEWERING 

Hoe lank vat dit vir my bestelling om afgelewer te word?

Aflewering hang af van die area waarheen dit gestuur word. Normaalweg neem dit tussen 5–7 werksdae na die faktuur uitgemaak is. Dit sal met die mees koste-effektiewe opsie gestuur word. Nadat jou bestelling gestuur is, sal ons vir jou die sporingsnommer stuur.

Wanneer kan ek my pakkie verwag?

Jy sal ’n sporingsnommer ontvang nadat jou bestelling gestuur is. Jy kan jou pakkie spoor op The Courier Guy se webblad. Ons probeer ons bes om jou pakkie binne 5–7 werksdae nadat die faktuur uitgereik is, af te lewer.

Wat sal aflewering my kos?

Aflewering hang af van die area waarheen ons dit moet stuur. Ons maak gebruik van The Courier Guy. Jou afleweringskoste sal op die kwotasie aangedui word.

Kan ek eerder my bestelling oplaai eerder as om aflewering te betaal?

Ja, jy mag jou bestelling tydens ons kantoorure kom afhaal.  Gebruik die promosiekode COLLECTION om die afleweringskoste dry te spring.

 

Jy sal in kennis gestel word sodra jou pakkie gereed is. 

 

Jy kan ons adres in die Kontak Ons gedeelte kry.

 

Jy kan met jou koeriers reël om die pakkie op te laai. Verseker asb. dat hulle tydens ons kantoorure kom oplaai.

 VRAE OOR BETALING 

Kan ek slegs vir die vraestelle deur Payfast betaal?

Ja, maar Payfast het verskeie opsies: EFT, kredietkaart of SnapScan.

My betaling wil nie werk nie. Waarom?

Maak asseblief seker dat jy die nuutste TLS weergawe het om die betaling te maak. Kliek hier vir ’n nuttige skakel om te sien of jy tans die nuutste weergawe gebruik.

Kan ek betaal wanneer ek my bestelling kom afhaal?

Ja, ons het kaartfasiliteite, of jy kan via EFT betaal. 

 

Ongelukkig kan jy nie met kontant betaal nie. Ons is 'n kontantlose kantoor.

DOC SCIENTIA

96 14th Avenue, Northcliff,

Johannesburg, 2115

+27 010 443 7198

Doc Scientia

info@docscientia.co.za

© Copyright

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out